Ezekiel 30:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, en die arms van Farao sal neerval; en hulle sal weet dat Ek die HERE is, wanneer Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, en hy dit oor Egipteland sal uitspan.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek maak die arms van die koning van Babilon sterk, maar die arms van die farao sal hulpeloos langs sy sye hang. Wanneer Ek my swaard in die hand van die koning van Babilon sit en hy Egipte binneval, sal Egipte besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 Ja, Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal afval; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan uitstrek oor Egipteland.
Afrikaans 1983 Ek maak die koning van Babel se arms sterk, maar die farao s'n sal slap hang. Wanneer Ek my swaard in die koning van Babel se hand sit en hy die swaard na Egipte toe uitsteek, sal die Egiptenaars besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal die koning van Babilonië se arms sterk maak, maar die farao se arms sal slap hang. Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek my swaard in die hand van die koning van Babilonië gee, en hy dit uitsteek na Egipteland.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die arms van die koning van Babel sterk maak, en die farao se arms sal afval. Die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek my eie swaard in die hand van die koning van Babel sit, en wanneer hy die swaard uitsteek oor die land Egipte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, Ék maak die arms van die koning van Babilonië sterk. Maar die koning van Egipte sal nie sy arms kan gebruik nie. Want Ek sit my eie swaard in die hand van die koning van Babilonië. Hy sal Egipte daarmee verwoes.