Ezekiel 30:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die arms van die koning van Babel versterk en my swaard in sy hand gee; maar Ek sal Farao se arms breek, en hy sal voor hom kreun met die gekerm van 'n dodelik gewonde man.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek maak die arm van die koning van Babel sterk en Ek sit my swaard in sy hand, maar Ek breek die arms van die farao, Egipte se koning. Hy sal dodelik gewond wees en voor die koning van Babel krul van pyn.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal die arms van die koning van Babel versterk en my swaard in sy hand gee, maar Farao se arms sal Ek breek, sodat hy voor hom sal kerm soos 'n dodelike gewonde man kerm.
Afrikaans 1983 Ek maak die koning van Babel se arms sterk, Ek sit 'n swaard in sy hand, maar Ek breek die farao se arms; hy sal voor die koning van Babel lê en kreun soos iemand wat dodelik gewond is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal die koning van Babilonië se arms sterk maak en my swaard in sy hand gee. Maar Ek sal die arms van die farao breek. Dodelik verwond, sal hy kreunend voor hom kerm.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die koning van Babel se arms sterk maak en Ek sal my eie swaard in sy hand sit. Maar Ek sal die farao se arms breek, en hy sal voor die koning van Babel lê en huil en kla soos iemand kla wanneer 'n vyand hom plat geslaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ék maak die koning van Babilonië se arms sterk. En Ek sit my swaard in sy hand. Maar Ek breek die arms van die koning van Egipte. Hy sal op die grond bly lê as Ek met hom klaar is. Hy sal so gewond wees dat niks of niemand sy lewe sal kan red nie. Hy sal brul van die pyn.