Ezekiel 30:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE HERE: Kyk, Ek het dit teen Farao, die koning van Egipte, en Ek sal sy arms verbreek, die sterkes en die wat gebreek is; en Ek sal die swaard uit sy hand laat val.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom, so sê die oppermagtige Here: Ek is die vyand van die farao, die koning van Egipte! Ek breek albei sy arms, die goeie een en die een wat gebreek was. Die swaard sal uit sy hand val.
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen Farao, die koning van Egipte! En Ek sal sy arms verbreek, die sterk een en die gebreekte een, en sal die swaard uit sy hand laat val.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Ek tree op teen die farao, koning van Egipte. Ek breek altwee sy arms, die gesonde en die gebreekte arm, en Ek laat die swaard uit sy hand uit val.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê die Heer, die Here, ‘dit is Ek teen die farao, die koning van Egipte! Ek sal sy arms breek, die gesonde een en die gebreekte een. Ek sal sy swaard uit sy hand laat val,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom, Ek is nou die vyand van die farao, die koning van Egipte. Ek sal altwee sy arms breek, die gesonde arm en die arm wat af is. Die swaard sal uit sy hand val.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Want,” sê die Here, die God van Esegiël, “Ek is sy vyand. Ek breek al twee sy arms. Ek breek die goeie arm waarmee hy kan veg, en die arm wat al klaar af is, breek Ek nog verder. Die heerser van Egipte se swaard sal op die grond val. Hy sal hom nie kan vashou nie.