Ezekiel 30:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, Ek het die arm van Farao, die koning van Egipte, gebreek; en kyk, dit mag nie gebind word om gesond te word nie, om 'n rol te sit om dit vas te bind, om dit sterk te maak om die swaard vas te hou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, Ek het die arm van die farao, die koning van Egipte, gebreek. En sy arm is nie verbind om aan te groei nie; dit is nie gespalk om sterk te word ten einde weer ’n swaard vas te hou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, Ek het die arm van Farao, die koning van Egipte, gebreek; en kyk, dit is nie verbind tot genesing of geswagtel tot verbinding, dat dit sterk kan word om die swaard te vat nie. |
| Afrikaans 1983 | “Mens, Ek het die farao, koning van Egipte, se arm gebreek, en die arm is nie verbind en gespalk sodat dit gesond kan word en weer sterk genoeg kan wees om 'n swaard vas te hou nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Mensekind, die arm van die farao, die koning van Egipte, het Ek gebreek. Kyk, dit is nie verbind sodat dit kan genees, nie gespalk sodat dit sterk kan word en 'n swaard kan vashou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, Ek het die arm gebreek van die farao, die koning van Egipte. Ek het nie sy arm toegedraai sodat dit weer gesond kan word nie. Ek het nie 'n plank aan sy arm vasgemaak sodat die arm weer sterk kan word en 'n swaard kan vashou nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, Ek het die arm van die regeerder van Egipte, die farao, gebreek. En sy arm is nie in gips gesit sodat dit weer kan aangroei nie. Sy arm sal nie weer aangroei en sterk word sodat hy ’n swaard daarmee sal kan vashou nie. |