Ezekiel 30:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal vuur steek in Egipte: Sonde sal groot pyn hê, en No sal skeur, en Nof sal daagliks benoudheid hê.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, Ek brand Egipte af. Pelusium sal in pyn wees. Tebes sal oopgebreek word, en Memfis daagliks bedreig word.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal 'n vuur werp in Egipte: Sin sal bewe van angs, en No sal oopgebreek word, en Nof -- vyande oordag!
Afrikaans 1983 Ek laat Egipte verbrand. Sin sal krul van pyn, No sal platgeloop word, Memfis sal helder oordag beleër word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal 'n vuur aansteek in Egipte; Sin sal ineenkrimp van angs; No sal oopgeruk word; en Nof – helder oordag is daar teenstanders!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal Egipte laat brand, die mense in die stad Sin sal rondspring van pyn, die mure van die stad No sal val, vyande sal die stad Memfis in die dag aanval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek brand die hele Egipte tot op die grond af. Die mense wat in Sin bly, sal krul van die pyn wat hulle gaan tref. Ek skeur die mense van No uitmekaar. En Ek sal die mense van Memfis helder oordag aanval.