Ezekiel 30:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE: En Ek sal die drekgode vernietig en hulle beelde uit Nof laat ophou; en daar sal nie meer 'n vors van Egipteland wees nie, en Ek sal vrees in Egipteland maak.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die oppermagtige Here sê: Ek slaan die afgode stukkend, ook die beelde in Memfis. In Egipte sal geen koning oorbly nie. Angs sal hulle oorval.
Afrikaans 1933/1953 So sê die Here HERE: Ek sal ook die drekgode vernietig en die afgode laat verdwyn uit Nof, en daar sal geen vors meer wees uit Egipteland nie; en Ek sal vrees in Egipteland verwek.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Ek roei die afgode uit, Ek maak 'n end aan die afgode in Memfis. Daar sal nie meer 'n regeerder in Egipte wees nie. Ek laat angs heers in Egipte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ So sê my Heer, die Here: “Ek sal die afgodsbeelde vernietig, die nikswerd afgode uit Nof laat verdwyn; en 'n leier uit Egipteland sal daar nie meer wees nie. Ek sal vrees laat posvat in Egipte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal die afgode laat verdwyn, Ek sal al die gode wegvat uit die stad Memfis, daardie gode beteken niks. Daar sal nie meer 'n koning in Egipte wees nie. Ek sal almal in Egipte bang laat word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sê die Here, Esegiël se God: “Ek slaan die afgodsbeelde van Egipte stukkend. Al die beelde van afgode wat opgerig is by die hoofstad, Memfis, breek Ek in stukke. Daar sal niemand meer in Egipte oor wees om oor die land te regeer nie. Geen wet sal meer geld nie.