Ezekiel 30:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die riviere droogmaak en die land verkoop in die hand van die goddelose; en Ek sal die land en alles wat daarin is, 'n puinhoop maak deur die hand van vreemdes; Ek, die HERE, het dit gespreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek lê die Nyl droog en gee die land oor aan slegte mense. Ek verwoes die land en alles daarin, deur die optrede van vreemdelinge. Ek is die Here, Ek het so gesê! |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal die strome droë grond maak en die land verkoop in die hand van kwaaddoeners en die land met sy volheid verwoes deur die hand van vreemdes. Ek, die HERE, het dit gespreek. |
| Afrikaans 1983 | Ek laat die riviere opdroog en gee die land oor in die mag van slegte mense. Ek laat die land en alles in hom verwoes deur vreemdes. Ek, die Here, het gepraat.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal die strome van die Nyl droë grond maak, en die land oorlewer in die hand van booswigte. Ek sal die land met alles daarin verwoes deur die hand van vreemdes. Ek, die Here, het gepraat.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die riviere droog laat word en Ek sal die land vir slegte mense gee sodat hulle kan doen wat hulle wil. Ek sal vreemde mense bring, hulle sal die land en alles wat daarin is, verwoes. Ek, die Here, het gepraat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek laat selfs die Nyl opdroog sodat dit geen water meer het nie. En Ek gee die land in die hande van slegte mense. Hulle sal die land verwoes, en almal wat daar bly, doodmaak. Ek gebruik mense van vreemde lande om dit te doen. Luister mooi! Dit is Ek, die Here, wat nou aan die woord is.” |