Ezekiel 30:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy en sy volk saam met hom, die verskriklikes van die nasies, sal gebring word om die land te vernietig; en hulle sal hul swaarde teen Egipte uittrek en die land vul met die wat verslaan is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy en sy wrede soldate is gestuur om die land te vernietig. Hulle maak oorlog teen Egipte tot die land vol dooies lê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy en sy volk saam met hom, die geweldigste nasies, word aangevoer om die land te verwoes; en hulle sal hul swaarde teen Egipte uittrek en die land vul met gesneuweldes. |
| Afrikaans 1983 | Nebukadnesar en sy mense, 'n wrede nasie, word gebring om Egipte te verwoes. Hulle gaan die land aanval en hom vol dooies maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy en sy manskappe saam met hom – die gewelddadigstes van die nasies – word gebring om die land te verwoes. Hulle sal hulle swaarde trek teen Egipte en die land met deurboordes vul. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vir Nebukadnesar en sy mense bring om die land te verwoes. Hulle is wrede mense, hulle sal hulle swaarde uithaal om teen Egipte te veg en hulle sal die land vol dooie mense maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy en al sy soldate word gestuur om die land tot op die grond te verwoes. Sy soldate het geen genade vir mens of dier nie. Hulle sal Egipte aanval. En hulle sal die mense van Egipte doodmaak totdat die hele land vol lyke lê. |