Ezekiel 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het jou voorhoof harder as klip gemaak; bevrees hulle nie en wees nie verskrik vir hulle aanskoue nie, al is hulle 'n wederstrewige huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het jou so hard soos ’n rots gemaak. Daarom moet jy nie vir hulle bang wees nie, ook nie as hulle jou kwaai aankyk nie, want hulle is ’n opstandige klomp.”
Afrikaans 1933/1953 Jou voorhoof maak Ek hard soos 'n diamant, harder as 'n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle 'n wederstrewige huis is.
Afrikaans 1983 Soos diamant, harder as rots, so maak Ek jou kop. Moenie vir hulle bang wees, vir hulle skrik nie. Hulle is 'n weerbarstige volk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos 'n diamant, harder as vuurklip, het ek jou voorkop gemaak. Jy mag nie vir hulle bang wees en jy mag jou nie deur hulle laat afskrik nie, al is hulle die rebelse huis. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het jou kop so hard gemaak soos 'n diamant, dit is harder as vuurklip. Jy moenie vir hulle bang wees en vir hulle skrik nie, want hulle is 'n opstandige volk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het jou so sterk soos ’n groot rots gemaak. Jy is nou so hard soos ’n diamant. Daarom moet jy nie bang wees vir die mense nie. Hulle sal niks aan jou kan doen nie. Moenie skrik as hulle vir jou kwaad word nie. Onthou, hulle is ’n klomp mense wat nog heeltyd teen My in opstand is.”