Ezekiel 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die huis van Israel sal na jou nie luister nie; want hulle sal na My nie luister nie, want die hele huis van Israel is onbeskof en hard van hart.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek stuur jou na die volk Israel, maar hulle sal nie na jou luister nie, net soos hulle nie na My luister nie. Want die hele spul van hulle is hardkoppig en hulle harte is hard.
Afrikaans 1933/1953 Maar die huis van Israel sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil luister nie; want die hele huis van Israel het 'n harde voorhoof en 'n ongevoelige hart.
Afrikaans 1983 Maar die mense van Israel sal nie na jou wil luister nie, want hulle wil nie eens na My luister nie. Al die mense van Israel is koppig en onversetlik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar die huis van Israel sal nie na jou wil luister nie, want hulle wil nie na My luister nie. Ja, die hele huis van Israel is hardkoppig en hard van hart.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die volk Israel sal nie luister na jou nie, want hulle wil ook nie luister na Mý nie. Ja, die hele volk Israel is hardkoppig, hulle wil nie luister nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die mense van Israel sal nie na jou wil luister nie. Hulle wil nie eens na My luister as Ek direk met hulle praat nie! Hoe sal hulle na jou wil luister? Dit is ’n klomp mense wie se kop net so hard is soos hulle hart!