Ezekiel 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nie vir baie mense met 'n vreemde spraak en van 'n harde taal, wie se woorde jy nie kan verstaan nie. Waarlik, as Ek jou na hulle gestuur het, sou hulle na jou geluister het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nee, Ek stuur jou nie na ’n volk met ’n vreemde of moeilike taal nie. As Ek jou na húlle toe gestuur het, sou hulle geluister het. |
| Afrikaans 1933/1953 | nie na baie volke wat duister van spraak en swaar van tong is nie, wie se woorde jy nie kan verstaan nie; as Ek jou tog na hulle gestuur het, het hulle na jou geluister! |
| Afrikaans 1983 | ook nie na baie volke toe met onverstaanbare, moeilike tale sodat jy nie kan verstaan wat hulle praat nie. Het Ek jou maar na hulle toe gestuur! Hulle sou na jou geluister het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | nie na baie volke met spraak wat te moeilik is om te volg en onverstaanbare taal waarvan jy die woorde nie begryp nie. Ek verseker jou, as Ek jou na hulle gestuur het, sou hulle wel na jou geluister het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek stuur jou ook nie na baie ander volke toe wat tale praat wat moeilik is om te verstaan nie. As Ek jou na hulle toe gestuur het, dan het hulle geluister na jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nee, Ek stuur jou nie na ’n volk wie se taal vir jou moeilik en onverstaanbaar sal wees nie. Het Ek jou maar na so ’n volk toe gestuur! Hulle sou dalk na jou geluister het. |