Ezekiel 3:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal jou tong aan jou verhemelte laat kleef, dat jy stom sal wees en vir hulle nie 'n teregwyser wees nie, want hulle is 'n wederstrewige huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En Ek sal jou tong aan jou verhemelte laat klou sodat jy hulle nie kan waarsku nie, want hulle is ’n opstandige spul. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal jou tong aan jou verhemelte laat klewe, sodat jy stom sal word en vir hulle geen bestraffer sal wees nie; want hulle is 'n wederstrewige huis. |
| Afrikaans 1983 | Ek laat jou tong aan jou verhemelte vassit, sodat jy nie kan praat nie en hulle nie kan bestraf nie, al is hulle 'n weerbarstige volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou tong sal Ek aan jou verhemelte laat kleef. Jy sal stom wees, en nie meer iemand wat hulle teregwys nie, want hulle is 'n rebelse huis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek laat ook jou tong vassit bo in jou mond sodat jy nie kan praat nie en nie met hulle kan raas nie, want hulle is 'n opstandige volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal jou mond toemaak sodat dit sal wees asof jy nie kan praat nie. Jy sal nie vir jou volk kan bid nie. Jy sal nie die mense wat op die verkeerde pad loop, kan waarsku nie omdat Ek jou sal keer, al wil jy graag omdat jy sien hoe opstandig die volk teen My is. Jy sal niks teen hulle kan sê nie, vir so lank as wat Ek bepaal. |