Ezekiel 3:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy, o mensekind, kyk, hulle sal jou bande oplê en jou daarmee bind, en jy mag nie onder hulle uittrek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sal jy met toue vasgebind word sodat jy nie tussen jou mense kan kom nie.
Afrikaans 1933/1953 En jy, mensekind, kyk, hulle sit vir jou toue aan en bind jou daarmee, sodat jy nie onder hulle kan uitgaan nie.
Afrikaans 1983 Mens, jy sal vasgebind word met toue, sodat jy nie tussen die mense kan kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat jou betref, mensekind, kyk, toue sal om jou gesit word en jy sal daarmee vasgebind word, sodat jy nie meer kan uitgaan om tussen die mense te wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy, mens, luister na wat Ek sê: Die mense sal jou vasbind met toue sodat jy nie by hulle kan kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mens, dit sal wees asof jy met toue vasgebind is terwyl jy in jou huis toegesluit is. Jy sal nie tussen ander mense kan kom nie.