Ezekiel 3:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ek opgestaan en uitgegaan na die vlakte, en kyk, die heerlikheid van die HERE het daar gestaan, soos die heerlikheid wat ek by die Kebarrivier gesien het, en ek het op my aangesig geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het opgestaan en gegaan, en daar het ek die heerlikheid van die Here gesien, net soos in my eerste visioen by die Kebarrivier. En ek het op my gesig op die grond neergeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek staan toe op en gaan na die laagte uit; en kyk, die heerlikheid van die HERE het daar gestaan soos die heerlikheid wat ek by die Kebarrivier gesien het. En ek het op my aangesig geval. |
| Afrikaans 1983 | Ek is toe na die vallei toe. Die magtige verskyning van die Here het daar gestaan, net soos ek Hom aan die Kebarrivier gesien het. Ek het platgeval, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het toe opgestaan en uitgegaan na die laagte. En kyk, daar staan die heerlikheid van die Here, net soos die heerlikheid wat ek gesien het langs die Kebarrivier. Ek het neergeval met my gesig teen die grond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gereedgemaak en na die vallei gegaan, en daar sien ek toe weer die lig wat om die Koning, die Here, is. Dit was soos ek dit gesien het langs die Kebar-kanaal. Ek het op my gesig geval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het toe opgestaan en na die vallei toe gegaan. Ek het in die vallei weer die sitplek van die Here gesien, net soos ek dit by die Kebarrivier gesien het, met die Here wat bo-op die troon sit. Ek het met my gesig in die stof neergeval. Dit het gevoel of die lewe uit my gevloei het. |