Ezekiel 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as jy die regverdige waarsku dat die regverdige nie sondig nie, en hy sondig nie, sal hy sekerlik lewe, want hy is gewaarsku; ook het jy jou siel gered.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as jy hulle waarsku en hulle draai om, sal hulle lewe, en jy sal ook jou eie lewe red.”
Afrikaans 1933/1953 Maar as jy die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.
Afrikaans 1983 As jy hom waarsku om nie te sondig nie, en hy sondig nie, sal hy bly lewe omdat hy hom laat waarsku het, en jy sal jou eie lewe behou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En jy, as jy 'n regverdige waarsku om nie te sondig nie, en hy, die regverdige, sondig nie, sal hy beslis bly leef, omdat hy hom laat waarsku het; en jy, jy het dan jou eie lewe gered.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy? Wanneer jy die mens wat reg gelewe het, gewaarsku het om nie sonde te doen nie, en hy doen nie sonde nie, dan sal hy aanhou lewe, dit is seker. Hy sal aanhou lewe, want jy het hom gewaarsku en hy het geluister. En jy het dan jou eie lewe gered.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as jy hulle betyds gewaarsku het en hulle draai om van hulle slegte dade en loop agter My aan, sal hulle leef. En jy sal so jou eie lewe red.”