Ezekiel 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die gees my opgeneem, en ek het agter my 'n stem van 'n groot gedreun gehoor wat sê: Geseënd is die heerlikheid van die HERE uit sy plek! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Gees het my toe opgetel, en ek het ’n harde dreuning agter my gehoor wat sê: “Mag die heerlikheid van die Here in hierdie plek geprys word!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die Gees my opgeneem, en ek het agter my die geluid van 'n groot gedreun gehoor wat sê: Geloofd sy die heerlikheid van die HERE uit sy woonplek! |
| Afrikaans 1983 | Die Gees het my opgetel, en toe hoor ek agter my die gedreun van 'n groot aardbewing en 'n stem: “Die hemel self moet die magtige verskyning van die Here loof!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Gees het my opgelig, en ek het agter my die geluid van 'n harde dreuning gehoor toe die heerlikheid van die Here van sy plek af opstyg, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Gees het my opgetel, en toe hoor ek agter my 'n groot aardbewing en 'n persoon wat sê: “Almal moet die Koning prys wanneer Hy uit die hemel kom!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die Gees van die Here my opgetel, en toe die teenwoordigheid van die Here van daardie plek opstyg, het dit geklink soos wanneer ’n groot aardbewing die grond en die bosse vernietig. |