Ezekiel 29:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Egipteland sal 'n wildernis en 'n woesteny word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is, omdat Hy gesê het: Die rivier is myne, en Ek het dit gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Egipte sal ’n verlate puinhoop wees, en die mense van Egipte sal besef dat Ek die Here is. “Want jy het gesê: ‘Die Nyl behoort aan my. Ek het dit self gemaak.’
Afrikaans 1933/1953 En Egipteland sal 'n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek die HERE is. Omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak --
Afrikaans 1983 Egipte gaan verlate en in puin lê. Hy het gesê: ‘Dis my rivier, ek het hom gemaak’, maar hy sal besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Egipteland sal 'n woesteny wees, 'n puinhoop. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.” “ ‘ “Omdat hy gesê het, ‘Die Nyl behoort aan my – ek het dit self gemaak,’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Egipte sal 'n plek word waar daar nie mense woon nie, die land sal net hope klippe wees. Hulle sal weet dat Ek die Here is, want die farao het gesê: ‘Dit is mý rivier, dit is ék wat hom gemaak het.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die land van Egipte sal een groot ruïne word. Niks en niemand sal daar bly nie. Ek doen dit sodat die mense wat in Egipte bly, sal besef dat Ek die Here is. “Jy het gesê: ‘Die Nyl is myne. Ek het hom gemaak!’