Ezekiel 29:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe hulle jou aan jou hand gegryp het, het jy hulle hele skouer gebreek en geskeur; en toe hulle op jou geleun het, het jy gebreek en al hulle lendene laat staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hy jou hand vat, het jy gebreek en in sy skouer gesteek. Toe hy sy gewig op jou sit, knak jy en beseer hy sy rug. |
| Afrikaans 1933/1953 | as Israel jou met die hand aanvat, knak jy en skeur hulle hele skouer oop; en as hulle op jou leun, dan breek jy en laat al hulle lendene wankel. |
| Afrikaans 1983 | maar toe hy jou in die hand vat, breek jy en kloof sy skouer oop; toe hy op jou wou leun, knak jy en laat jy hom steier. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle jou vasvat met die hand, knak jy en skeur elke skouer oop; toe hulle op jou leun, breek jy en laat jy elke lende bewe. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Israel die kierie vat, toe breek die kierie en dit sny sy skouer. Toe Israel op die kierie wou rus, toe breek die kierie stukkend en hulle kon nie regop staan nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy op jou gesteun het, het jy soos ’n riet in sy hand gebreek en hom beseer. Toe hy sy volle gewig op jou sit, het jy onder hom padgegee. Hy het sy rug seergemaak, so hard het hy geval. |