Ezekiel 29:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek die HERE is, want hulle was 'n rietstok vir die huis van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die mense van Egipte sal ontdek dat Ek die Here is, want jy was soos ’n riet waarop Israel wou leun. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek die HERE is, omdat hulle vir die huis van Israel 'n rietstok is -- |
| Afrikaans 1983 | Al die inwoners van Egipte sal besef dat Ek die Here is. Jy was 'n stuk riet waarop Israel wou leun, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die inwoners van Egipte sal besef dat Ek die Here is. Want hulle was 'n riet om op te leun vir die huis van Israel: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat in Egipte woon, sal weet dat Ek die Here is. Die volk Israel het gedink die Egiptenaars sal hulle help, maar die Egiptenaars was soos 'n kierie van riet vir die volk Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daardie dag sal al die mense wat in Egipte bly, ontdek dat Ek die Here is. Ek doen hierdie goed aan jou, want toe Israel jou hulp gevra het, het jy geweier om te help. |