Ezekiel 29:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sal hake in jou kakebeen sit, en Ek sal die visse van jou riviere aan jou skubbe laat kleef, en Ek sal jou uit die middel van jou riviere laat opkom, en al die visse van jou riviere sal aan jou skubbe kleef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sit hake in jou kakebeen en sleep jou uit die rivier terwyl die visse vassit aan jou skubbe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek sal hake in jou kakebene slaan en die visse van jou strome aan jou skubbe laat klewe; en Ek sal jou uit jou strome optrek, saam met al die visse van jou strome wat aan jou skubbe klewe. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan hake in jou kakebene slaan en jou rivier se visse aan jou skubbe laat vassit, Ek gaan jou optrek uit jou rivier uit saam met al jou rivier se visse wat aan jou skubbe vassit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal hake deur jou kake steek, die vis van jou strome laat vaskleef aan jou skubbe. Ek sal jou daar tussen jou strome optrek, saam met al die vis van jou strome wat aan jou skubbe vaskleef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal ysterhoeke aan jou kakebeen sit en Ek sal die visse in jou rivier laat vassit aan jou skubbe. Dan sal Ek jou uit jou rivier optrek saam met al jou rivier se visse wat vassit aan jou skubbe, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Luister! Ek gaan jou met ’n hoek vang. Dan gaan Ek jou uitsleep terwyl die visse in jou skubbe vashaak, so vinnig sal dit gebeur. |