Ezekiel 29:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek en sê: So spreek die HERE; Kyk, ek het dit teen jou, Farao, die koning van Egipte, die groot draak wat in die middel van sy riviere lê, wat gesê het: My rivier is myne, en ek het dit vir my gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: “Ek is jou vyand, Farao, koning van Egipte. Jy is ’n groot monster in die Nyl wat sê: ‘Die Nyl behoort aan My. Ek het dit self gemaak.’
Afrikaans 1933/1953 Spreek en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak.
Afrikaans 1983 Jy moet praat, jy moet sê: So sê die Here my God: “Ek gaan teen jou optree, farao, koning van Egipte, groot krokodil wat rustig in jou rivier lê en sê: ‘Dis my rivier, ek het hom gemaak!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Praat en sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Dit is Ek teen jou, Farao, koning van Egipte! Jy, die groot krokodil wat tussen sy strome lê, wat sê, ‘Aan my behoort die Nyl, ek het dit self vir my gemaak.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet praat en vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Farao, koning van Egipte, Ek is jou vyand. Jy is die groot watermonster wat in sy eie rivier lê en wat sê: ‘Dit is my rivier, ék het dit gemaak.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here, Esegiël se God, dink só oor julle: Ek het jou vyand geword. Koning van Egipte, jy is soos ’n gevaarlike krokodil wat in die rivier van Egipte skuil. Jy lê daar en sê: ‘Die Nyl is my rivier. Niemand anders mag hier kom nie, want ek het dit spesiaal net vir myself gemaak!’