Ezekiel 29:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal Ek die horing van die huis van Israel laat uitspruit, en Ek sal jou die opening van die mond in hulle midde gee; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daardie dag herstel Ek Israel se vroeëre eer. Dan sal mense na jou luis-ter. En hulle sal weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal Ek vir die huis van Israel 'n horing laat uitspruit, en Ek sal vir jou opening van die mond gee onder hulle; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 “Daardie dag laat Ek Israel se mag weer groei en laat Ek jou, Esegiël, weer vry-uit praat tussen hulle. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Op daardie dag sal Ek vir die huis van Israel nuwe krag gee, en jou mond sal Ek weer oopmaak om tussen hulle te praat. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daardie dag sal Ek begin om vir Israel weer sterk te maak. Ek sal vir jou, Esegiël, weer sê om met hulle te praat, en hulle sal weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daar gaan ’n dag kom dat Ek Israel in ere herstel. Hy sal weer so sterk en beroemd wees soos in die dae van koning Dawid. Wanneer dit gebeur, sal my volk uiteindelik vir My respek kry. Dan sal hulle weet en erken dat Ek die Here is.”