Ezekiel 29:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het aan hom Egipteland gegee vir sy arbeid waarmee hy daarteen gedien het, omdat hulle vir My gewerk het, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gee hom Egipte as beloning vir sy werk, sê die oppermagtige Here, want hy het vir My gewerk toe hy Tirus verwoes het.
Afrikaans 1933/1953 As sy arbeidsloon waar hy voor gedien het, gee Ek hom Egipteland, omdat hulle vir My gewerk het, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Ek gaan Egipte vir hom gee as betaling vir sy werk daar, want hy het dit vir My gedoen,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As sy vergoeding waarvoor hy gewerk het, gee Ek vir hom Egipteland, want hulle het dit vir My gedoen.’ Dit is die uitspraak van die Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek gee die land Egipte vir koning Nebukadnesar, dít sal sy beloning wees omdat hy vir My gewerk het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, Ek gee Egipte vir hom om vir hom dankie te sê, want hy het Tirus vir My verwoes. Ek het gesê hy moet dit doen. Ek is die Here, Esegiël se God.