Ezekiel 29:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, rig jou aangesig teen Farao, die koning van Egipte, en profeteer teen hom en teen die hele Egipte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, draai in die rigting van Egipte en profeteer teen die farao, die koning van Egipte, en al sy mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, rig jou aangesig teen Farao, die koning van Egipte, en profeteer teen hom en teen die hele Egipte. |
| Afrikaans 1983 | “Mens, draai jou gesig na die farao, die koning van Egipte toe en tree op as profeet teen hom en teen die hele Egipte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Mensekind, draai jou gesig na die farao, die koning van Egipte. Profeteer teen hom en die hele Egipte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, jy moet jou gesig draai na die farao toe, die koning van Egipte. Jy moet 'n boodskap van My vir hom bring en vir almal in die land Egipte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, kyk in die rigting van Egipte. Sê vir die regeerder van Egipte, die farao, en die mense van die land van Egipte: |