Ezekiel 29:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE HERE: Kyk, Ek gee Egipteland aan Nebukadrésar, die koning van Babel; en hy sal haar menigte neem en haar buit buit en haar buit buit; en dit sal die loon vir sy leër wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sê die oppermagtige Here: Ek gaan Egipte aan Nebukadnesar, koning van Babilon, gee. Hy dra Egipte se rykdom weg en plunder sy skatte om sy leër se lone te betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek gee Egipteland aan Nebukadr,sar, die koning van Babel, en hy sal die rykdom daarvan wegdra en die buit daarvan buitmaak en die roof daarvan rowe, en dit sal die loon vir sy leër wees. |
| Afrikaans 1983 | “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek Egipte vir koning Nebukadnesar van Babel gee. Hy sal Egipte se rykdomme wegdra; hy sal die land plunder en die buit vat wat hy daar kry. Dit sal sy leër se beloning wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê die Heer, die Here, ‘Kyk, Ek gaan Egipteland vir Nebukadresar, die koning van Babilonië, gee. Hy sal die rykdom daarvan wegdra. Die oorlogsbuit wat hy daar roof en buitmaak, sal 'n beloning wees vir sy leër. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Daarom gee Ek nou die land Egipte vir koning Nebukadnesar van Babel. Hy sal die goed van Egipte wegdra, hy sal alles vat wat hy daar kry. Dít sal die beloning wees vir sy soldate. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom gaan Ek, die Here, die God van Esegiël, Egipte vir koning Nebukadnesar van Babilonië gee. Hy sal met sy soldate kom en die land oorwin. En dan sal hy Egipte se rykdom wegdra. Koning Nebukadnesar sal alles waarop hy sy hande kan lê, vir homself vat. Daarmee sal hy sy soldate se loon betaal. |