Ezekiel 29:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, koning Nebukadrésar van Babel het sy leër 'n groot diens teen Tirus laat dien: elke kop is kaal gemaak en elke skouer is afgeskil; maar hy het geen loon of sy leër vir Tirus gehad vir die diens wat hy gehad het nie en daarteen gedien: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, die leër van koning Nebukadnesar van Babilon het so hard teen Tirus baklei dat die soldate se koppe kaal geskaaf en hulle skouers deurgeskuur is. Maar hulle kon niks as buit uit Tirus saamneem om die soldate mee te vergoed nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, Nebukadr,sar, die koning van Babel, het sy leër 'n swaar diens teen Tirus laat verrig: elke hoof het kaal geword en elke skouer is seer geskaaf. Maar hy en ook sy leër het van Tirus geen loon ontvang vir die krygsdiens wat hy daarteen verrig het nie. |
| Afrikaans 1983 | “Mens, koning Nebukadnesar van Babel het sy leër harde werk laat doen in sy aanval op Tirus. Almal se koppe was kaal geskaaf en almal se skouers deurgeskuur. Maar hy en sy leër se moeite is nie uit Tirus beloon nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Mensekind, Nebukadresar, die koning van Babilonië, het sy leër 'n verskriklike taak opgelê by Tirus. Elke kop was kaal en elke skouer rou geskuur. Maar by Tirus was daar nie vir hom en sy leër 'n beloning vir die harde werk wat hy teen haar verrig het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, koning Nebukadnesar van Babel het sy soldate baie hard laat werk toe hy die stad Tirus oorwin het. Elke soldaat se kop was kaal en sy skouer was stukkend. Maar Nebukadnesar en sy soldate het nie uit Tirus 'n beloning gekry vir die harde werk wat hulle teen die stad gedoen het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, die weermag van koning Nebukadnesar van Babilonië het vreeslik hard baklei in hulle oorlog teen Tirus. Die soldate se koppe is kaal geskaaf en hulle skouers rou geskuur, so hard het hulle baklei om Tirus met die grond plat te vee. En tog het koning Nebukadnesar en sy soldate niks gekry wat hulle as buit kon wegvat nie, ten spyte van al hulle harde werk. |