Ezekiel 29:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur in die sewe en twintigste jaar, in die eerste maand, op die eerste dag van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Op 26 April, in die 27ste jaar wat koning Jojagin in ballingskap was, het die Here vir my gesê:
Afrikaans 1933/1953 En in die sewe en twintigste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
Afrikaans 1983 Op die eerste van die eerste maand, in die sewe en twintigste jaar, het die woord van die Here tot my gekom:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die sewe-en-twintigste jaar, op die eerste dag van die eerste maand, het die woord van die Here tot my gekom:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het met my gepraat. Dit was die 27ste jaar, in die eerste maand, op die eerste dag van die maand. Ek het gehoor die Here sê vir my:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die ses en twintigste April 571 v.C. het die Here weer met my oor Egipte gepraat. Dit was toe koning Jojagin al 27 jaar ’n gevangene in ’n vreemde land was. Die Here het vir my oor Egipte gesê: