Ezekiel 29:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit sal die laagste van die koninkryke wees; en dit sal hom nie meer verhef bo die nasies nie, want Ek sal hulle verminder, sodat hulle nie meer oor die nasies sal heers nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit sal die kleinste van die nasies wees, nooit groot genoeg om hom weer bo die ander te verhef nie. Ek maak dit so swak dat dit nie weer oor ander nasies sal regeer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit sal geringer wees as die ander koninkryke en hom nie meer bo die nasies verhef nie; en Ek sal hulle klein maak, sodat hulle nie heers oor die nasies nie. |
| Afrikaans 1983 | Egipte sal kleiner as ander koninkryke wees en hom nooit weer bo ander nasies verhef nie. Ek sal hom so swak maak dat hy nie weer oor ander nasies sal heers nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teenoor ander koninkryke sal hulle onbelangrik wees. Egipte sal homself nie weer verhef bo die nasies nie. Ek sal hulle so gering maak dat hulle nie die nasies sal oorheers nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal die onbelangrikste van al die lande wees en hulle sal nie weer probeer om te regeer oor ander lande nie. Ek sal hulle so klein maak dat hulle nie weer oor ander volke sal kan regeer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal nooit weer so belangrik word soos hy was nie. Hy sal nooit weer oor die lande rondom hom heers nie. |