Ezekiel 29:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die ballingskap van Egipte terugbring en hulle laat terugkeer na die land Patros, na die land van hulle woonplek; en hulle sal daar 'n geringe koninkryk wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek herstel die voorspoed van Egipte en bring hulle terug na die land van Patros, die land van hulle herkoms, maar dan sal Egipte ’n onbelangrike land wees.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal die lot van die Egiptenaars verander en hulle laat teruggaan na die land Patros, na die land van hulle oorsprong; en daar sal hulle 'n koninkryk van geringe betekenis wees.
Afrikaans 1983 Ek sal die lot van Egipte verander en hulle terugbring na Patros toe, die land van hulle herkoms. Daar sal hulle 'n klein koninkrykie wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal die lot van Egipte verander en hulle terugbring na die land Patros, na hulle land van herkoms. Daar sal hulle 'n onbelangrike koninkryk wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Ek sal dinge verander vir Egipte. Ek sal hulle terugbring na die land Patros, die land waar hulle voorheen gewoon het. Daar sal hulle 'n klein, onbelangrike volk wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan maak Ek Egipte weer ryk. Daardie dag bring Ek die mense van Egipte terug van waar Ek hulle verstrooi het. Maar Egipte sal dan vir altyd ’n klein volk bly.