Ezekiel 29:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar so sê die HERE HERE: Aan die einde van veertig jaar sal Ek die Egiptenaars bymekaarmaak uit die volk waarheen hulle verstrooi was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die oppermagtige Here sê ook nog: Aan die einde van 40 jaar bring Ek die mense van Egipte huis toe uit die lande waarheen hulle verstrooi was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die Here HERE: Aan die einde van veertig jaar sal Ek die Egiptenaars versamel uit die volke waarheen hulle verstrooi was. |
| Afrikaans 1983 | “Maar,” so sê die Here my God, “na veertig jaar sal Ek die Egiptenaars bymekaarmaak onder die volke uit waarheen Ek hulle verjaag het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Maar,” so sê my Heer, die Here: “aan die einde van veertig jaar sal Ek die Egiptenare bymekaarmaak uit die volke waarheen hulle versprei is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Maar wanneer die 40 jaar verby is, dan sal Ek die Egiptenaars bymekaarmaak tussen die volke waar hulle moes gaan woon, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar,” sê die Here, die God van Esegiël, verder, “aan die einde van die lang tyd wat Ek vasgestel het, bring Ek die mense van Egipte weer terug na hulle eie land toe. Ek gaan haal hulle uit onder die nasies waar hulle as gevangenes gebly het. |