Ezekiel 29:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, daarom is Ek teen jou en teen jou riviere, en Ek sal Egipteland 'n puinhoop en 'n wildernis maak, van die toring van Siëne af tot by die grens van Kus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nou het Ek jou en jou rivier se vyand geword. Ek vernietig Egipte, van Migdol tot Aswan, tot by die grens van Kus. |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom, kyk, Ek het dit teen jou en teen jou strome; en Ek sal Egipteland 'n volkome puinhoop maak, 'n wildernis van Migdol af tot by Siëne, en tot by die grens van Kus. |
| Afrikaans 1983 | “Ek gaan optree teen jou en jou rivier: Ek gaan Egipte 'n verlate puinhoop maak, van Migdol af tot by Sewene en tot aan die grens van Kus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom, dit is Ek teen jou en jou strome! Ek maak Egipteland verlate puinhope van verwoesting, van Migdol tot by Sewene, tot by die grens van Kus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom is Ek jou vyand en jou rivier se vyand. Ek sal Egipte verwoes, niemand sal daar kan woon nie, van die stad Migdol tot by die stad Sewene en tot by die grens van die land Kus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom word Ek jou vyand, en vernietig Ek ook jou rivier. Ek sal die hele land van Egipte verwoes, van die noorde tot die suide toe. Ek sal tot diep in Afrika alles verwoes, so kwaad is Ek vir jou, Egipte. |