Ezekiel 28:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wil jy nog sê voor hom wat jou doodmaak: Ek is God? maar jy sal 'n man en geen God wees in die hand van hom wat jou doodmaak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sal jy by dié wat jou doodmaak, nog spog: ‘Ek is ’n god!’? Voor hulle sal jy nie ’n god wees nie, maar net ’n mens. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is 'n god! -- terwyl jy tog 'n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie? |
| Afrikaans 1983 | Sal jy vir dié wat aan jou 'n einde gaan maak, nog kan sê jy is 'n god? Vir dié wat vir jou dood gaan sorg, sal jy 'n mens wees, nie 'n god nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sal jy steeds sê, ‘Ek is 'n god’, in die teenwoordigheid van hom wat jou doodmaak, en as jy – 'n mens, nie 'n god nie – in die hande is van hulle wat jou deurboor? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sal jy dan nog sê dat jy 'n god is, daar voor die mense wat jou doodmaak? Sal jy dit sê wanneer hulle met jou doen wat hulle wil? Nee. Jy is 'n mens, jy is nie 'n god nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En sal jy dan nog kan spog dat jy ’n god is? Sal jy vir jou vyande wat jou doodmaak, vertel dat hulle nie met ’n gewone mens te doen het nie, maar met ’n god? Hulle sal sien wat jy is: ’n gewone mens wat doodgaan soos enige ander mens. |