Ezekiel 28:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal jou in die kuil afbring, en jy sal die dood sterf van die wat verslaan is in die middel van die see.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal jou in die graf laat beland. Jy sal gewelddadig doodgaan in die hart van die see.
Afrikaans 1933/1953 In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.
Afrikaans 1983 Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van 'n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Na die grafkuil sal hulle jou laat afdaal; jy sal die dood van 'n deurboorde sterf in die hart van die seë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal jou laat afgaan na die doderyk, jy sal in die middel van die see sterf soos iemand in 'n oorlog sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En hierdie vyande van jou sal jou doodmaak, sonder om genade te bewys. Jy sal daar in jou huis op die eiland doodgemaak word. Jy bly mos in die middel van die see; daarom het jy gedink jy is veilig. Jy sal van jou baie wonde doodgaan.