Ezekiel 28:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, daarom bring Ek vreemdelinge oor jou, die verskriklike van die nasies, en hulle sal hul swaarde uittrek teen die prag van jou wysheid, en hulle sal jou glans verontreinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom laat Ek ’n vyandige, ’n wrede leër teen jou optrek. Hulle sal jou wysheid aanval en al jou aansien verwoes.
Afrikaans 1933/1953 daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.
Afrikaans 1983 daarom gaan Ek ander nasies, wrede volke, teen jou laat optrek. Hulle sal die prag wat jou wysheid vir jou gebring het, met die swaard aanval en jou prag skend.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom, kyk, Ek bring vreemdes na jou, die gewelddadigstes van die nasies. Hulle sal die swaard trek teen die skoonheid wat jou wysheid gebring het; hulle sal jou skitterende prag ontwy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) daarom sal Ek vreemde mense bring om jou aan te val. Hulle is wrede mense en hulle sal jou met hulle swaarde doodmaak, jy, die mooi en wyse koning. Hulle sal jou lig dof laat word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) bring Ek ’n klomp vyande om teen jou te veg. Ek roep al die nasies nader om jou vyand te word. Hulle sal skielik op jou toesak en jou met hulle oorlogswapens op jou knieë bring. Jy sal onkant betrap word, al is jy so slim en ryk!