Ezekiel 28:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur jou groot wysheid en deur jou handeldryf het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart is verhef vanweë jou rykdom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou vaardigheid in handeldryf het jou baie ryk gemaak, en dis juis jou rykdom wat jou so hooghartig gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom; |
| Afrikaans 1983 | Jy het met jou groot wysheid en met handel jou rykdom nog meer gemaak, maar dit was juis jou rykdom wat jou hooghartig gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur jou buitengewone handelsvernuf het jy jou vermoë vergroot. Maar jou hart het hoogmoedig geraak oor jou rykdom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het jou groot wysheid gebruik om goed te koop en te verkoop en jy het nóg ryker geword. Maar toe het jy hoogmoedig geword omdat jy ryk is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, jou slimheid het jou ryk gemaak. Maar toe word jy trots omdat jy so skatryk is. |