Ezekiel 28:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal veilig daarin woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal met vrymoedigheid woon as Ek oordele voltrek het aan almal wat hulle rondom hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal veilig in Israel bly en huise bou en wingerde aanlê. “Wanneer Ek hulle bure straf wat hulle met minagting behandel het, sal hulle besef dat Ek, die Here, hulle God is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as Ek strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal veilig in die land woon, huise bou en wingerde plant. Hulle sal veilig woon wanneer Ek al die buurvolke gestraf het wat vir Israel met soveel minagting behandel het. Israel sal besef dat Ek die Here hulle God is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal veilig daarop woon, huise bou en wingerde plant. Hulle sal veilig woon wanneer Ek oordele voltrek oor almal wat hulle minag aan alle kante. Hulle sal besef dat Ek die Here hulle God is.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Israel sal veilig in die land woon. Hulle sal huise bou en wingerde plant en hulle sal veilig woon. Dit sal gebeur wanneer Ek al die volke rondom hulle straf, die volke wat gewys het dat hulle dink Israel is nie belangrik nie. Israel sal weet dat Ek hulle God die Here is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal Israel veilig in hulle eie land bly. En hulle sal huise bou en wingerde plant. Dan sal Ek al die nasies wat Israel se bure is, straf. Want Israel se bure het hom sleg behandel. Daardie dag sal Israel weet dat Ek die Here hulle God is.” |