Ezekiel 28:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE: As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek in hulle geheilig sal word voor die oë van die nasies, dan sal hulle woon in hulle land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So sê die oppermagtige Here: “Die mense van Israel sal weer in hulle eie land bly, die land wat Ek aan Israel, my dienaar, gegee het, want Ek sal hulle uit die lande gaan haal waar Ek hulle verstrooi het. Daardie dag wys Ek vir die nasies dat Ek heilig is tussen die mense van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Wanneer Ek Israel bymekaarmaak onder die volke uit waar hulle verstrooi is en Ek hulle voor die oë van die nasies laat besef dat Ek die heilige God is, sal Israel weer kom woon in die land wat Ek aan my dienaar Jakob gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê my Heer, die Here: “Wanneer Ek die huis van Israel bymekaarmaak uit die volke waarheen hulle versprei is, sal Ek Myself as die Heilige betoon voor die oë van die nasies. Israel sal woon op die grond wat Ek aan my dienskneg Jakob gegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die volk Israel sal weer kom woon in die land wat Ek vir my dienaar Jakob gegee het. Ek sal die volk Israel bymekaarmaak oral tussen die volke waar hulle moes gaan woon, en Ek sal vir hulle wys dat Ek die heilige God is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Want,” so sê die Here, die God van Esegiël, “daardie dag sal Israel weer in sy eie land bly. Dit is die land wat Ek vir Jakob gegee het. Hy het My gedien as God. Ek sal my volk bymekaarmaak waar hulle as gevangenes in ’n vreemde land bly. Ek het hulle daarheen laat gaan omdat Ek hulle gestraf het. Die dag as dit gebeur, sal al hierdie nasies sien wie Ek is as Ek my volk terugbring. |