Ezekiel 28:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar sal geen prikkelende distel meer wees vir die huis van Israel nie, en ook geen droewige doring van almal wat rondom hulle is wat hulle verag het nie; en hulle sal weet dat Ek die HERE HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die mense van Israel sal nie meer deur hulle bure geminag word soos wilderose en dorings wat steek nie. Dan sal alle mense besef: Ek is die oppermagtige Here.”
Afrikaans 1933/1953 En daar sal vir die huis van Israel geen steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie, wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die Here HERE is.
Afrikaans 1983 Dan sal daar nie meer onder die buurvolke van wie Israel soveel minagting verduur, 'n doring wees wat hom bly steek, 'n pendoring wat hom bly pynig nie. Israel sal besef dat Ek die Here God is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Daar sal nie meer vir die huis van Israel duwweltjies wees wat skerp is, en dorings wat steek van die kant van almal om hulle, almal wat hulle minag nie, want hulle sal besef dat Ek, die Heer, die Here is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volke rondom die volk Israel het gewys dat hulle dink Israel is nie belangrik nie, hulle was soos dorings wat aangehou het om vir Israel te steek. Wanneer Ek daardie volke straf, dan sal dit nie weer gebeur nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy was Israel se buurman, maar jy was ook nog altyd ’n vyand van hom. Nou sal dit nie meer so wees nie. Jy sal nie meer vir Israel verpes nie. Dan sal almal weet en erken dat Ek die Here is.