Ezekiel 28:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek sal in haar pes stuur en bloed op haar strate; en die gewondes sal binne-in haar geoordeel word deur die swaard wat op haar van alle kante is; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek stuur ’n plaag teen jou. Bloed sal op jou strate vloei. Die aanval kom uit elke rigting en jou mense sal in jou geslag word. Dan sal almal besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal die pes in hom stuur en bloed op sy strate, en die gewondes sal in hom val deur die swaard wat teen hom is van alle kante, en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Ek stuur pes in die stad in en bloedvergieting op sy strate. Sy vyande sal hom van alle kante af aanval, en sy inwoners sal binne-in hom doodgemaak word. Hulle sal besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal 'n epidemie in haar loslaat; daar sal bloed in haar strate wees; die deurboordes sal binne-in haar lê deur die swaard wat aan alle kante teen haar gerig is. Hulle sal besef dat Ek die Here is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek stuur pes in die stad. Die bloed sal vloei in die strate. Vyande sal die stad aanval van al die kante, en die dooie mense sal op die strate lê. Die mense van die stad sal weet dat Ek die Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek stuur ’n plaag teen jou. Jy sal doodgaan en jou bloed sal op jou strate lê. Jy sal van alle kante aangeval word. Jou mense sal dood binne-in die stad rondlê. Dan sal almal weet en erken dat Ek die Here is.