Ezekiel 28:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê: So spreek die HERE HERE; Kyk, ek het dit teen jou, Sidon! en Ek sal in jou midde verheerlik word, en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek in haar strafgerigte voltrek en in haar geheilig sal word.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir die mense van Sidon die oppermagtige Here sê: “Ek is jou vyand, Sidon. In jou sal Ek my heerlikheid vertoon. Wanneer Ek jou straf en my heiligheid onthul, dan sal hulle weet: Ek is die Here.
Afrikaans 1933/1953 en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Sidon, en Ek sal My verheerlik in jou midde; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek in hom strafgerigte voltrek en My in hom as die Heilige laat ken.
Afrikaans 1983 Jy moet sê: So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, Sidon, Ek gaan in jou my mag laat blyk. Dié stad se inwoners sal besef dat Ek die Here is. Ek sal hulle straf en hulle laat besef dat Ek die heilige God is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Dit is Ek teen jou, Sidon! Ek sal roem verwerf in jou midde. Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek oordele in haar voltrek. Ek sal Myself in haar as die Heilige betoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Sidon, Ek is nou jou vyand. Ek sal vir die mense in jou wys dat Ek die Koning is. Ek sal hulle straf en Ek sal vir hulle wys dat Ek die heilige God is, dan sal hulle weet dat Ek die Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê vir die mense van Sidon die Here, Esegiël se God, dink só oor hulle: Ek is jou vyand, Sidon! En Ek gaan Myself bekendmaak deur wat met jou gaan gebeur. Ek gaan jou voor die hof daag en jou skuldig bevind. Dan gaan Ek vir jou wys wie Ek is, die dag as Ek jou straf. Elkeen wat sien wat gebeur, sal dan besef en weet dat Ek die Here is.