Ezekiel 28:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, sê vir die vors van Tirus: So spreek die HERE HERE; Omdat jou hart verhewe is en jy gesê het: Ek is 'n God, Ek sit in die troon van God, in die middel van die see; tog is jy 'n mens en nie God nie, al stel jy jou hart as die hart van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, sê vir die koning van Tirus die oppermagtige Here sê: “Ewe trots het jy verklaar: ‘Ek is god! Ek sit op die gode se troon in die hart van die see.’ Maar jy is net ’n mens, nie ’n god nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is 'n god, ek bewoon 'n godewoning in die hart van die seë -- terwyl jy tog 'n mens is en geen god nie -- en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god; |
| Afrikaans 1983 | “Mens, sê vir die regeerder van Tirus: So sê die Here my God: In jou hooghartigheid het jy gesê: ‘Ek is 'n god, ek woon op die woonplek van die gode, omring deur die see.’ “Maar jy is 'n mens, nie 'n god nie. Jy het jou verbeel jy is 'n god. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Mensekind, sê vir die leier van Tirus, ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat jou hart hoogmoedig geraak het, het jy gesê, ‘Ek is 'n god; in die tuiste van die gode woon ek in die hart van die seë.’ Maar jy is net 'n mens, nie 'n god nie. Jy stel jou insig gelyk aan die insig van gode! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, jy moet vir die koning van die stad Tirus sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Jy was baie hoogmoedig, jy het gesê: ‘Ek is 'n god, ek woon in die middel van die see in die plek waar die gode woon.’ Maar jy is 'n mens, jy is nie 'n god nie. Jy het gemaak of jy 'n god is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, sê vir die regeerder wat oor Tirus heers: Die Here, die God van Esegiël, sê vir jou: Jy was so trots op wie jy is en wat jy alles besit. Jy het so groot geword dat jy selfs begin sê het: ‘Ek is ’n god! Ek sit op ’n troon op hierdie eiland soos ’n god!’ “Maar jy het vergeet dat jy maar net ’n mens is wat sal doodgaan op sy tyd. Selfs al dink jy jy is ’n god, sal jy op die harde manier uitvind jy is nie. |