Ezekiel 28:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al die wat jou onder die volke ken, sal oor jou verstom staan; jy sal 'n verskrikking wees en jy sal nooit meer wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal wat jou geken het, staan verstom oor wat met jou gebeur het. ’n Verskriklike einde het jou getref, en jy bestaan nie meer nie.”
Afrikaans 1933/1953 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.
Afrikaans 1983 Almal onder die volke wat jou geken het, is skrikbevange oor wat met jou gebeur het. Jy het 'n afskrikmiddel vir ander geword, dit is vir altyd klaar met jou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Almal onder die volke wat jou geken het, was verslae oor jou. Jy het 'n verskrikking geword, jy sal nooit weer bestaan nie.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die volke wat jou geken het, het geskrik toe hulle sien wat gebeur het met jou. Jy het baie wreed gesterf, jy sal nooit weer lewe nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die mense wat jou op aarde geken het, sal skrik en bewe as hulle sien wat met jou gebeur. Ek maak jou ’n voorbeeld sodat hulle nie sal doen wat jy gedoen het nie. Ek maak ’n verskriklike einde aan jou. Jy sal nie meer bestaan nie!”