Ezekiel 28:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het u heiligdomme verontreinig deur die menigte van u ongeregtighede, deur die ongeregtigheid van u handeldryf; daarom sal Ek 'n vuur uit jou midde laat voortkom, dit sal jou verteer, en Ek sal jou tot as op die aarde bring voor die oë van almal wat jou aanskou.
Afrikaans (NLV) 2011 Met jou sondes en oneerlike handelspraktyke het jy jou heiligdomme besoedel. Daarom brand Ek jou af tot net as sal oorbly, terwyl almal toekyk.
Afrikaans 1933/1953 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
Afrikaans 1983 “Met jou baie oortredings, met die onreg in jou handel, het jy jou heiligdomme ontwy. Daarom het Ek 'n vuur uit jou laat kom wat jou verteer het. Ek het jou 'n hopie as op die grond laat word voor die oë van almal wat toegekyk het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor jou baie sondeskuld weens jou onregmatige handelspraktyke, het jy jou heiligdomme ontheilig. Ek het vuur uit jou binneste laat kom; dit het jou verteer. Ek het jou soos as op die grond gemaak voor die oë van almal wat na jou kyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het baie verkeerde dinge gedoen, jy was baie onregverdig toe jy goed gekoop en verkoop het. So het jy jou tempels ontwy. Daarom het Ek vuur in jou laat kom, en dit het jou gebrand, jy het as geword op die grond. Almal kon dit sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het alles rondom jou vuil gesmeer. Jy het almal met wie jy besigheid gedoen het, bedrieg. Daarom het Ek ’n vuur binne-in jou aan die brand gesteek. En hierdie vuur sal jou verteer. Ek sal jou tot as verbrand. En al die mense van die aarde sal kyk hoe Ek dit doen.