Ezekiel 28:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou hart is verhewe vanweë jou skoonheid, jy het jou wysheid verderf deur jou glans; Ek sal jou op die grond gooi, Ek sal jou voor konings neerlê, dat hulle jou kan aanskou.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy het trots geword oor jou prag. Jou aansien het veroorsaak dat jy jou wysheid verloor het. Daarom het Ek jou op die aarde neergegooi, voor konings wat toekyk.
Afrikaans 1933/1953 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.
Afrikaans 1983 Jou prag het jou hooghartig laat word, jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor. Ek het jou op die grond gegooi, jou daar voor ander konings laat lê dat hulle jou kon bekyk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou hart het hoogmoedig geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid nutteloos gemaak oor jou skitterende prag. Op die grond het Ek jou neergegooi; voor konings het Ek so met jou gemaak dat hulle hulle in jou kan verlustig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het hoogmoedig geword omdat jy mooi was, jy het jou wysheid verloor toe die lig om jou geskyn het. Ek het jou op die grond gegooi voor die konings en Ek het jou daar laat lê sodat hulle jou kon sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy het so trots op jouself geword omdat jy mooi en slim en ryk was. En toe het jy skelm geword sodat jy nog meer geld in die hande kon kry. Jy het almal om jou belieg en bedrieg. Daarom het Ek jou uit die hemel gegooi. Ek het jou op die aarde neergegooi. Die heersers en belangrike mense op die aarde het gekyk hoe jy verneder word.