Ezekiel 28:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur die menigte van jou koopware het hulle jou midde met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom sal Ek jou as onheiliges van die berg van God af verwerp; en Ek sal jou verdelg, o bedekkende gérub, uit die midde van die klippe van vuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou uitgebreide handelsbetrekkinge het jou gewelddadig gemaak en jou laat sondig. Daarom het Ek jou verban van die godeberg af. Ek het jou verdryf, o gerub wat moes waghou! Ek het jou verwyder van tussen die glinsterende edelstene. |
| Afrikaans 1933/1953 | Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o g,rub wat beskut! |
| Afrikaans 1983 | Jou uitgebreide handelsbedrywigheid het geweld deel van jou lewe gemaak en jou laat sondig. “Daarom het Ek jou verstoot van die godeberg af, Ek het jou, gerub wat moes waghou, tussen die glinsterende edelstene uit verwyder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur jou uitgebreide handel is jou binneste met geweld gevul; jy het gesondig. Ek het jou as 'n onheilige uitgewerp, weg van die godeberg af. 'n Gerub met vlerke wat beskut, het jou tussen die klippe van vuur uit verdryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het meer en meer goed gekoop en verkoop, maar jy het ook meer en meer slegte dinge aan jou mense gedoen. Jy het sonde gedoen, en daarom het Ek jou weggevat van die godeberg. Jy was die gerub wat die tuin moes beskerm, maar Ek het jou weggevat tussen die blink edelstene. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy het die slegte begin doen omdat jy so ryk was. Jy het groot mag oor mense gehad. Toe het jy verkeerde dinge begin doen. Daarom het Ek jou weggejaag sodat jy nooit weer voor My mag kom nie. Jy was die magtige boodskapper wat my huis in die hemel moes oppas, maar Ek het jou weggejaag. Jy sal nie weer kom waar Ek is nie omdat dit daar te skoon vir jou is. |