Ezekiel 28:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U was volmaak in u weë van die dag af dat u geskape is, totdat ongeregtigheid in u gevind is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy was onbesproke in alles wat jy gedoen het, vanaf die dag dat jy geskep is tot op die dag toe boosheid in jou gevind is.
Afrikaans 1933/1953 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.
Afrikaans 1983 Jou optrede was onbesproke vandat jy geskep is totdat jy begin onreg doen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onberispelik was jy in jou optrede vanaf die dag dat jy geskep is, totdat onreg in jou ontdek is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het heeltemal reg gelewe vandat Ek jou gemaak het. Maar toe het jy begin om verkeerd te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy het niks ooit verkeerd gedoen nie. Jy het reg gelewe en goedgedoen, tot daardie dag dat jy die slegte dinge begin doen het.