Ezekiel 28:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U is die gesalfde gérub wat bedek; en Ek het jou so gestel: jy was op die heilige berg van God; jy het op en af geloop tussen die vuurklippe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy is aangestel as die gerub wat alles oppas. Ek het dit so bepaal. Jy was op die heilige berg van God. Tussen glinsterende edelstene het jy rondgestap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy was 'n g,rub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n heilige berg; 'n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. |
| Afrikaans 1983 | Jy is uitgebeeld as die gerub wat met uitgestrekte vlerke moes waghou, Ek het jou die opdrag gegee. Jy was op die heilige godeberg, daar het jy rondgestap tussen glinsterende edelstene. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | by 'n glansende gerub met vlerke wat beskutting bied. Ek het jou daar geplaas; op die heilige berg van gode was jy; tussen klippe van vuur het jy rondgestap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy het gelyk soos 'n gerub, jou vlerke was oop en jy moes die tuin beskerm. Ek het jou op die heilige godeberg gesit. Jy het daar tussen die blink edelstene geloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het jou daardie dag aangestel om die leier van my boodskappers in die hemel te wees. Jy moes hulle saam met My oppas. Jy kon enige tyd na My toe kom, niemand het jou gekeer nie. Ja, jy het rondgeloop waar Ek was, en waar alles skoon was. |