Ezekiel 28:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy was in Eden, die tuin van God; elke edelgesteente was jou bedekking, die sardius, topaas en die diamant, die beriel, die oniks en die jaspis, die saffier, die smarag en die karbonkel en goud; in jou op die dag dat jy geskape is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy was in Eden, die tuin van God. Jou klere was versier met kosbare stene: robyn, topaas, jaspis, chrisoliet, oniks, opaal, saffier, turkoois, en smarag. Hulle was almal in goud geset. Jy het dit gekry die dag toe jy gemaak is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. |
| Afrikaans 1983 | jy is uitgebeeld in die godetuin Eden, omring deur kosbare edelstene: karneool, topaas, jaspis, chrisoliet, oniks, opaal, saffier, turkoois, smarag, en die reliëfwerk aan jou was van goud. So is jy gemaak die dag toe jy geskep is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In Eden, die tuin van God, daar was jy. Jy was bedek met alle soorte edelstene: •karneool, •topaas, •akwamaryn, •chrisoliet, •oniks, •jaspis, •lasuursteen, •malagiet en •smarag. Van goud was die insetsels en graverings aan jou bedekking. Die dag toe jy geskep is, was dit gereed |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy was in Eden, die godetuin, en jou klere was van al die kosbare edelstene: karneool, topaas, jaspis, chrisoliet, oniks, opaal, saffier, turkoois en smarag. Ek het jou tamboeryne van goud gemaak en Ek het jou uit goud gesny. Dit is hoe Ek jou gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy het in die tuin van Eden gebly. Dit was die tuin waar God by mense gaan kuier het. Jou klere was die mooiste en die beste wat ’n mens kan kry. Jy het die duurste edelstene gedra. Jy was skatryk. Hulle het vir jou al hierdie skatte gegee die dag toe jy geskep is. |