Ezekiel 28:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus en sê vir hom: So spreek die HERE HERE; U verseël die som vol wysheid en volmaak in skoonheid.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, sing ’n begrafnislied oor die koning van Tirus. Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Jy het wysheid en prag vervolmaak.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.
Afrikaans 1983 “Mens, sing 'n treurlied oor die koning van Tirus. Sê vir hom: So sê die Here my God: “Jy was 'n seël wat met sorg vervaardig is, 'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, hef 'n treurlied aan oor die koning van Tirus en sê vir hom, ‘So sê my Heer, die Here: “Jy was die toonbeeld van voortreflikheid, vol wysheid, volmaak in skoonheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, jy moet 'n klaaglied begin sing oor die koning van die stad Tirus. Jy moet vir hom sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Jy was op 'n baie mooi seël, jy was vol wysheid en jy was so mooi soos die mooiste mens.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, huil oor die koning van Tirus asof hy doodgegaan het. Gaan sê vir hom die Here, jou God, sê oor hom: Jy was volmaak. Jy was so slim. En jy was so mooi.