Ezekiel 28:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sal die dood van die onbesnedenes deur die hand van vreemdes sterf, want Ek het dit gespreek, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Vreemdelinge sal jou doodmaak soos ’n heiden doodgemaak word. Ek, die oppermagtige Here, sê so!”
Afrikaans 1933/1953 Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Ander volke gaan jou 'n eerlose dood laat sterf. Ek het gepraat,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy sal die dood van 'n onbesnedene sterf aan die hand van vreemdes, want Ek het gepraat.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy sal sterf, en niemand sal jou respekteer nie. Vreemde mense sal jou doodmaak, want Ek het gepraat.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, jy sal doodgaan soos iemand wat weggedryf is uit die geselskap van mense. Vreemde mense wat jy nie ken nie, sal jou doodmaak. Dit is my woord oor jou. Ek is die Here, die God van Esegiël.”